DATE | SCHOOL | SCHOOL | INFO | BROADCAST | ||
---|---|---|---|---|---|---|
Fri.15Jun | Selborne | 56 | 10 | Stirling | ||
Fri.15Jun | Tuine | 38 | 32 | Wonderboom | ||
Sat.16Jun | Menlopark | 30 | 32 | Helpmekaar | Virsekerbeker Div1 Cup | |
Sat.16Jun | EG Jansen | 36 | 62 | Monument | Virsekerbeker Div1 Cup | |
Sat.16Jun | Rustenburg | 36 | 62 | Noordheuwel | Virsekerbeker Div1 Plate | |
Sat.16Jun | Eldoraigne | 60 | 34 | Jeugland | ||
Sat.16Jun | Florida | 34 | 38 | Marais Viljoen | ||
Sat.16Jun | Glenwood | 41 | 00 | Maritzburg College | ||
Sat.16Jun | DHS | 41 | 34 | Kearsney | ||
Sat.16Jun | Hilton | 26 | 11 | Michaelhouse | ||
Sat.16Jun | St Charles | 31 | 15 | St David’s | ||
Fri.15Jun | Clifton | 34 | 27 | Port Natal | ||
Sat.16Jun | Kingswood | 05 | 24 | St Andrew’s | SSL youtube link | |
Sat.16Jun | Hudson Park | 24 | 14 | Grens | ||
Sat.16Jun | Muir | 15 | 00 | Cillie | ||
Sat.16Jun | St John’s | 23 | 21 | St Benedict’s | ||
Sat.16Jun | St Alban’s | 34 | 24 | St Stithians | ||
Sat.16Jun | Hugenote | 12 | 29 | DF Malan |
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.
Since when are schools allowed to sponsor on Provincial Rugby kit? I recently saw the Lions 13B team with Jeppe branded kit – is this a new thing?
@sewes: Ek verstaan Virseker social media span is besig met ‘n website waar stand van sake op gedateer gaan word. Dit sal blykbaar reg wees in ‘n week of so.
Wie op die stadium van die geveg is in gevaar om af te skuif en wie kan moontlik op skuif?
@AbsolutMenlo: Absoluut korrek met daardie een. Nog meer rede hoekom Nelspruit geen kans het nie. In hierdie stadium hou ons en HTS Middelburg die bodem besig.
Transvalia sal die semi-finale haal sonder baie moeite en ek vermoed Garsfontein ook, dan is die ander twee plekke redelik oop.
Die onderouderspanne sal natuurlik ook die finale posisies van die skole bepaal, en selfs daar suig ons snot……jammer Nelspruit maar julle weet dis die waarheid.
@Valkie: … jy vergeet van Transvalia
@jakes: … Ja, beide Monnas en Transvalia is nog weg ook. Menlo sal ten minste 2 van die 3 moet wen.
@Grizzly: … as jy met 2 punte verloor het jy nie gegly nie. Game kon enige kant toe gaan … ongelukkig nie ons dag gewees.
Nou is dit aanhou werk en wedsryd vir wedsryd vat na die vakansie.
@Oakdale supporter: ???
@AbsolutMenlo: Gee ons n sitrap van die game…waar het julle gegly…ek dink dit gaan nou n dogfight wees vir daai 4 de plek.1 en 4 speel seker op 1 se veld,2 en 3 op 2 se veld.My geld nog steeds op julle om daai plek te kry maar is besig om vinnig klaar te raak…
@Valkie: Ja ek sien Menlopark het nog ‘n riller skedule wat voorle voordat hulle eers die semis kan haal. Moet nog Monument en Transvalia speel. Wen hul altwee dan sal hulle die semis maak. Verloor hul altwee dan is die laaste game teen EGJ baie belangrik. EGJ het nog net Menlopark oor. Dit kan dalk weer uitdraai om baie ‘n belangrike game te wees soos die twee vroeer die jaar gespeel het vir plek in finale van Tuks.
@jakes: Ek dink nie dat ons die Semi-finale sommer sal kan haal nie. Ons het Transvalia, Garsfontein en HTS Middelburg oor. Met ‘n rekord wenne van 4/11 hierdie jaar twyfel ek baie sterk. Ek voorspel dat Menlo, Garsfontein, Helpmekaar en Monument dit gaan maak. Die res van ons probeer die laaste posisie vermy….dit op sy eie is ‘n uitdaging….
Menlo het verloor en Garsies het nie gespeel nie. Nou gaan hier niks aan op die Blog
@Djou: dankie mater
@jakes en @vyfster baie dankie, ja dit was n goeie wen (5 punte) weg van die huis af. Nou kan die lywe bietjie rus. Maar na die vakansie is dit weer alles oop, die plaat afdeling is regtig nog vir almal binne bereik met al die klein tellings. Ek stem saam @djou dit is ongelooflik moeilik in die eksamen met al die rugby.
Die 11 vleuel van Helpies se naam is Christiaan Bezuidenhout, hy het vanjaar (net in die liga ) reeds 15 driee gedruk en ek dink vir die seisoen iets soos 24 waarvan n hattrick teen Waterkloof en sy skool se rekord van 4 driee in n wedstryd teen Edloraigne te ewenaar. Hy is slegs 17 en nog in graad 11.
@knowthegame: Helpmekaar se o.16’s het 36-12 gewen sien ek. Sjoe, groot oorwinning teen ‘n span wat o.14 en o.15 amper alles gewen het, onder meer teen Grey Bloem.
Die o.14’s was blykbaar naby met Menlo wat 15-10 wen en o.15 het Menlo 50 punte opgesit. Hantering van albei spanne se eerstes was ietwat skokkend in die eerste helfte. Helpies se 11-vleuel was ‘n doring in Menlo se vlees – en waarskynlik die verskil tussen die 2 spanne. Menlo se voorspelers het domineer, maar eers in 2e helfte met die pak begin speel, ietwat laat!
Maar goeie wegwen vir Helpmekaar in ‘n wedstryd wat albei spanne seker gou sal wil vergeet (afgesien van die wen vir Helpies). Dalk was die eksamen op die seuns se breine, weet nie!
Maar as daar een verandering is wat Virseker moet maak is om op te hou met wedstryde in eksamentyd – dit skep die indruk dat hulle net begaan is oor rugby en nie oor akademie nie!
@Norieman: veels geluk, goeie wen weg….genugtig, maar daar is ‘n oorvloed van close games in Virseker Plaat
@beet: you’ve duplicated the monnas/eg score on to the Rustenburg/Noordheuwel game. Correct score is Rusties 24-28 Nories
EGJansen se 1stes het nou nog ‘n 0.00001 % kans om die die semi finale te haal maar sal Menlopark MOET klop in hul volgende game oor amper 2 maande?? Daarby moet Menlopark nog Transvalia en Monument en EGJ speel. Monnas moet nog Helpmekaar en Menlopark speel. Garsfontein nog vir Helpmekaar ook. Phew. Sover lyk net Garsfontein seker van plek in semis. En dan kan Nelspruit ook nog plek haal in top 4.
St Alban’s beat St Stithian’s by 34 to 24 at Saints. Saints rushed out to a 17 to 0 lead, then St Alban’s scored 34 unanswered points…and finally, Saints scored a consolation try at the death. The Saints supporters shouted “Last try wins!”.
@Norieman: wow well done vir Noordheuwel. Rustenburg se span is nogal goed die jaar. Het ‘n close game gehad teen EGJ vroeer in die jaar.
Nories 28 – 24 Rustenburg. Was n baie harde game maar n goeie wen vir Noordheuwel by Rustenburg.
Die EG Monnas wedstryd was baie opwindend. Ek glo dat die telling heelwat nader kon wees as EG agterspelers minder 50 50 aangee prober het en ook meer verbind toe was tot die verdediging. Vir.my het so paar ooglopend “weggekruip” en gedraf toe hulle.met mening moes gaan keer. Baie geluk Monnas.
Weet iemand wat die telling was tussen Rustenburg en Noordheuwel?
Helpmekaar 1stes se hantering weereens uiters swak net soos verlede week. Agterlyn coach moet dalk iets daaraan probeer doen. Dis regtig baie eenvoudig om aan te spreek, as jy weet hoe.
@knowthegame: Helpies O/16, 2des en 1stes gewen. Menlo O/15 ver gewen. Kids is baie Groot vir ouderdom, maar ook goeie skills.
Baie geluk aan Monnas met jul wen oor EGJansen vandag. EGJ het die game verloor 5 minute voor rustyd toe hul nog gelykop was en twee driee afgestaan het. Monument het die game goed gewen. Maar Monument was groot wenners en verloorders vandag. Die verloorders is van hul ondersteuners langs die veld vandag. Daai groep manne wat langs die pawiljoen gestaan en van die vrouens wat voor hul gesit het. Ek het nog nooit sulke swak aanmerkings by enige skole wedstryd gehoor nie. Tackle die v•k•n ding verwysend na seuns op die veld skree die Pa en lyntegter jy is ‘n v.k.n sot maak oop jou ogies en dit nogal van vrou af. En menige ander slegte aanmerkings wat ek nie eens wil noem nie. Ek het naderhsnd geloop. Ek weet elke skool het maar sy vrot appel ondersteuners maar Monument se manne was top punt vandag. Swak swak swak dis al wat ek kan se.
@Djou: gehoor Menlo al drie juniors gewen
Monnas vs EG Jansen jnr spanne. 0/14 wen vir EG Jansen. 0/15 Wen vir Monument. Het nie die scores nie. O/16 EGJ 19 Monnas 18
Geluk Helpmekaar! Harde wedstyd! Menlo twee geleenthede gehad aan die einde om die wen te vat, maar was nie ons dag.
Monnas 62 – 36 EG eindtelling
Hoor Menlo het 2 strafskoppe gemis op einde.
Wat was die tellings tussen Menlo en Helpies se juniors?
32-30 Baie geluk Helpmekaar
Ek gaan myself in die kop skiet as ek langer na die kommentaar van die EG – Monnas game moet luister.
38-24 vir Monnas halftyd.
Geen tellings daar van Menlo af nie?
Regardless wie more wen in beker rugby. Dit skep energie, belangstelling en voer passie. Wat meer wil mens he om die spel te eer?
Pieter Hendriks, wyse woorde en absolute yster.
@BoishaaiPa: kyk jy Tops en Tjops. VIRSEKER ou mater. Lekker vir tradisionele wedstryde, maar net so lekker vir beker rugby en Virseker.
@Grizzly: Ek ondersteun vir EG en Helpmekaar.
@BoishaaiPa: Ja daars voorwaardes as jy iemand soveel geld skuld…dan nog die ander ouens met die adverteering fiasko…Die unie is in vir n ding…Oor die bekerrugby..Dit werk al sowat 100 jaar vir ons hier in die ou Tvl so baie opgewonde oor die biz kant wat voorle na die vakansie.
@Grizzly: Groen?..Nee wat..ek geniet die rugby games maar wie die beker nou vashou maak gn verskil aan my nie. ..en dit is Johan wat sy geld wil he..en ek hoop hy dril die WP admin sodat hulle almal bankrot verklaar word en pokkof. Hy moet sommer die bestuur oorneem almal uitgooi!
@Riempies: Ek het julle nog glad nie sien speel die jaar nie…soos AM se my voorspellings maar eina…maar dis n Pta skool so jy weet waat le die support
@Carl de Kock: @BoishaaiPa: Julle kan julle groengeid nie wegsteek nie Ek sien Anton soek sy geld…time to pay up WP
@Riempies: is jy bietjie dun gesny, of net gerek? Probleem met sitplek waar een riem gebreek het, is dat jy alles moet vervang. Indien nie, gaan daai nuwe riem jou sny of te veel las aan ander oorlaat. ;-)
@AbsolutMenlo: @ Grizzly dit is reg manne M&M vir wenne. Lekker man lekker. Dink sekere spanne word nou wakker vir die seisoen.
Mag Helpmekaar wen.
@AbsolutMenlo: En daai span kan die finaal wen maar dan ook nie wen nie en steeds afgeskuif word..vandaar die nuwe naam!
@BoishaaiPa: Ai, net omdat julle dit nie verstaan nie beteken nie dit is deurmekaar nie.
… terwyl die 2de grootste friendly in SA die naweek gespeel word is ons nog besig in die Noordvaal om te bepaal wie gaan in die grootste beker finaal in SA speel, later die jaar.
@BoishaaiPa:
‘deurmekaar beker’ ???
Terwyl die deurmekaar beker aan die gang is vind die 2de grootste derby in SA die naweek in Grahamstad plaas..KDay is huge in Grahamstown and I wish all participants and supporters well over this great weekend in G-Town!
@AbsolutMenlo: Helpies bietjie wisselvallig. Nog nie gesien dat hulle volle 70 min hard speel in moeilike westryd, die jaar. Mooi terug geveg teen EG verlede week. Verstaan ook daar is hope talent in Menlo span. As hulle gel is dit gevaarlik.
@BrotherBear: Ja, Helpmekaar en Menlo is baie in dieselfde posisie. Beide een verloor met Helpmekaar wat een meer gespeel het.
Vir nou is beide skole se lot nog in hulle eie hande.
@AbsolutMenlo: ek dink na more is die kompetisie rerig warm.
Dis EG Jansen se laaste kans vir plek in die semis van Virseker beker. Indien hul die game verloor is die kanse min om die semis te haal. Monument aan die ander kant sukkel met 2 verlore teen Garsfontein en Transvalia. Hulle gaan ook hulself onder druk sit as hul more verloor. EGJ teen Monnas mag dalk die game van die naweek wees. Helpmekaar teen Menlopark gaan ook baie hard wees. Indien Helpmekaar wen is hul plek in semis so te se geboek. As Menlopark verloor gaan hul seisoen vorentoe ook moeiliker wees vir plek in semis. Indien Menlopark wen,is die kompetisie weer wawyd oop. Sterkte vir al die spanne. Gaan skolerugby op sy beste wees. Virseker beker.
@AbsolutMenlo: Is nie man net as by Superbru kom…Ek het gaan dink oor Monnas en miskien die proewe dat hulle so biki insinking beleef,saam dit sien ek daai slot het ontrek uit CW en gaan Frankryk toe…so na die vakansie ander Monnas span?
@Grizzly: damn … jou voorspellings is gewoonlik verkeerd …
@AbsolutMenlo: M&M vir more.Menlo met 10,Monnas met 15.
@Riempies: As EG vir Monnas wen en Menlopark vir Helpmekaar wen DAN is hierdie kompetisie lekker warm …
As EG vir Monnas wen en Helpmekaar vir Menlo dan is hierdie kompetisie lekker warm.
Sterkte aan al die spanne.
@BuffelsCM: @Jansie1: Jammer … Ja … sien hulle wys EGJ vs Monument 12:30.
Nice!!
@Jansie1: Sterkte!!
Sover ek weet word die EG Jansen en Monnas game wel uitgesaai.
@AbsolutMenlo: Dis jammer. Dankie in elk geval
@BuffelsCM: Geen … eers weer na die vakansie.
@AbsolutMenlo: Weet iemand dalk watter wedstryd op Kyknet gewys word?
Sien uit na baie kompeterende rugby tussen Menlopark en Helpmekaar more by Menlopark. In al die ouderdomsgroepe is daar min te kies tussen die twee skole.
Menlo 1ste so bietjie otwrig, maar die manne wat inkom sal die pyp kan rook.
EGJ is weer tuis teen Monnas en mag dalk net vir ‘n tweede verrassing sorg in die kompetisie. Ook hier gaan die junior wedstryde baie kompeterend wees.
In die plaat kompetisie dink ek Rustenburg, met tuis voordeel gaan net te sterk wees vir Noordheuwel.
Sterkte aan al die spanne … speel hard, maar skoon!
Go MenloBoys!!