School Rugby fixtures & results – week ending 05 March 2016

TIME DATE SCHOOL SCHOOL EVENT
Wed.24Feb Diamantveld 10 3 Jim Fouche
Sat.27Feb Louis Botha 8 23 Welkom Gim
Sat.27Feb Goudveld 31 17 Landboudal
Sat.27Feb Noord-Kaap 22 19 Klerksdorp
Sat.27Feb Jim Fouche 44 8 Witteberg
Sat.27Feb HTS Middelburg 17 0 Transvalia
Sat.27Feb HTS Middelburg 17 0 Transvalia
Sat.27Feb Drostdy 17 10 Champagnat (Arg)
Mon.29Feb Pionier 8 16 Kearsney
Wed.02Mar Sarel Cilliers 14 25 Kearsney
15:55 Sat.05Mar Port Natal 15 18 George Campbell @ Kings Park
13:50 Sat.05Mar Queen’s 23 7 Hudson Park Border Rugby Day
15:00 Sat.05Mar Dale 40 0 Port Rex Border Rugby Day
16:10 Sat.05Mar Selborne 19 10 Grens Border Rugby Day
12:40 Sat.05Mar Cambridge 29 0 Maria Louw Border Rugby Day
Sat.05Mar Framesby 44 0 Oudtshoorn Gill Festival : 25min/half
08:00 Sat.05Mar Hentie Cilliers 5 23 Kalahari Fichardtpark S/D
09:10 Sat.05Mar Diamantveld 61 5 Goudveld Fichardtpark S/D
10:20 Sat.05Mar AHS Kroonstad 13 20 Upington Fichardtpark S/D
11:30 Sat.05Mar Welkom Gim 32 5 Noord-Kaap Fichardtpark S/D
12:40 Sat.05Mar Louis Botha 55 0 Witteberg Fichardtpark S/D
13:50 Sat.05Mar Jim Fouche 19 17 Duineveld Fichardtpark S/D
15:00 Sat.05Mar Sentraal 13 25 Marlow Fichardtpark S/D
16:10 Sat.05Mar Fichardtpark 46 7 Landboudal Fichardtpark S/D
Sat.05Mar Nelspruit X X Waterkloof Practice Match N24-17W
Sat.05Mar Hugenote (Springs) 16 23 Wonderboom PUK Prestige Reeks
Sat.05Mar Middelburg 44 17 Wesvalia PUK Prestige Reeks
Sat.05Mar Potch Volkskool 24 15 Oosterlig Pukke Prestige
Sat.05Mar Kempton Park 22 17 Transvalia Tuks Reeks
Sat.05Mar Menlopark 17 56 Garsfontein Tuks Reeks
Sat.05Mar Marais Viljoen 17 66 EG Jansen Tuks Reeks
Sat.05Mar Pietersburg 26 29 Rustenburg Tuks Reeks
Sat.05Mar HTS Middelburg 33 8 Klerksdorp Tuks Reeks
Sat.05Mar Linden 18 7 Hans Moore
Sat.05Mar Centurion 8 42 Lichtenburg
Sat.05Mar Eldoraigne 7 21 Helpmekaar
Sat.05Mar Oos-Moot 5 10 Montana
Sat.05Mar Ben Vorster 57 0 Jeugland
Sat.05Mar Volkskool Heidelberg 28 22 Hougenhout
Sat.05Mar Die Anker 27 24 Driehoek
Sat.05Mar Outeniqua 69 5 Tygerberg
Sat.05Mar Vereeniging Gim 43 0 Potch Gim

Leave a Reply

93 Comments

  1. avatar
    #93 Baksteen

    Kan nie wag vir die naweek se rugby nie !

    ReplyReply
    11 March, 2016 at 22:26
  2. avatar
    #92 bison

    @Rugbyman@Cappie: Met deesdae se petrolpryse bly ons maar met die ossewa. Die nuwe noointjie se kappie pas nog steeds pragtig in met die ossewa tema. ?

    ReplyReply
    11 March, 2016 at 09:22
  3. avatar
    #91 Speartackle

    @Die Ken: Ek hoop nie dit is daai een wat die Hawston roete doen

    ReplyReply
    11 March, 2016 at 07:14
  4. avatar
    #90 Die Ken

    @Speartackle: Het daai Parow Prado :lol: nie moontlik n CY of CF nommerplaat gehad nie?

    ReplyReply
    11 March, 2016 at 07:11
  5. avatar
    #89 Speartackle

    Ek het nou net van my vroegoggend draffie teruggekeer daar verby Menlo en verbasend hoeveel wit Cruisers, Fortuners, Range Rovers daar staan. Ek weet dit is SUV vallei hierdie maar hoekom soveel wittes?

    En o ja…..daar was een Parow Prado ook (Toyota Venture)

    ReplyReply
    11 March, 2016 at 06:53
  6. avatar
    #88 Die Ken

    @BrotherBear: @Cappie: Pasop, AHS speel baie min tipiese Bloubul rugby.

    ReplyReply
    11 March, 2016 at 06:44
  7. avatar
    #87 Die Ken

    @Rugbyman: Ekt n voeltjie hoor fluit dat jy nou die mannetjies tipiese Kaapse rugby laat speel? AHS manne ry Land Cruisers, Fortuners te goedkoop.

    ReplyReply
    11 March, 2016 at 06:42
  8. avatar
    #86 Rugbyman

    @Cappie: Ek moet nou eers bietjie stir… :twisted:

    Met al die ou drama rondom affie meisies se Boerenooientjie op hulle wapen… dink julle manne daaraan om die ossewa vir ‘n SUV te verruil? Moving with the times? Ek dink die nuwe Toyota Fortuner sal gepas wees… elke gesin ry mos een?

    ReplyReply
    11 March, 2016 at 06:21
  9. avatar
    #85 Ploegskaar

    @Kattes-Strofes: Kan niks wysraak uit 2 verkorte wedstryde nie, hierdie groep het nie ‘n groot reputasie nie, daar is min sogenaamde sterre en nie die verwagtinge van 2015 nie. Goed afgerig, doelgerig, fiks, groot pak en baie spoed ja, maar hopeloos te vroeg om voorspellings te maak

    ReplyReply
    9 March, 2016 at 22:19
  10. avatar
    #84 beet

    @Tierkopkraal: They played 3 at the Bergsigfees but these were not full length matches. Each of these 3 matches was just 25 minutes long from start to finish and have therefore been excluded from the record along with all the other shortened preseason friendlies from around SA.

    ReplyReply
    9 March, 2016 at 21:13
  11. avatar
    #83 Tierkopkraal

    Daniel Pienaar I speak under correction has played 5 games so far.
    I am busy finding out all the scores and opponents. The only game I do no of is DP beating Muir College 12-0 at the Bergsig Fees.

    ReplyReply
    9 March, 2016 at 20:05
  12. avatar
    #82 BrotherBear

    @Cappie, @4X4: Manne, niks om voor bang te wees Saterdag nie. Speel net tradisionele Blou Bul rugby! Glo maar vir @kosie en @RnR in hulle assesering, lyk my die manne weet waarvan hulle praat.

    ReplyReply
    9 March, 2016 at 18:50
  13. avatar
    #81 Oakdale supporter

    @Kattes-Strofes: Ons moet maar wag en sien. Voorspelers is kleiner as laasjaar en een van die slotte het sy elmboog ontwrig tydens ‘n oefening en sal vir hele tydjie nie kan speel. Span behoort egter lekker beweeglik te wees met goeie spoed agter. Ek dink 5 of 6 van hulle was laasjaar in die SWD 7’s span.

    ReplyReply
    9 March, 2016 at 10:25
  14. avatar
    #80 Kattes-Strofes

    @Oakdale supporter: JIP!! Wat is jou verwagtinge van jou span? Briljant , baie goed , goed , gemiddeld of vrot?Of wil jy ook eers wag en kyk ?

    ReplyReply
    9 March, 2016 at 10:06
  15. avatar
    #79 Murrayfield

    @4×4: Daai biere was seker MOER koud en lekker! Wens ek kon ‘n koue saam jou drink!

    Om jou te antwoord 4×4, daar was in Saterdag se span teen Garsies so 5 wat in 2015 jaar aan en af gespeel het, maar soos ek se geen verskonings nie!

    Daar het twee seuns van buite die skool gekom in die2016 senior groep, altwee se akademiese gemiddeld is in die 70%.

    Daar het sleg een nuwe speler gespeel teen Garsies, die ander een is o/19 en beseer en sal eers oor twaalf weke kan oorweeg word om te speel. Saterdag teen Marais Viljoen speel ons met 90% seuns wat in graad 8 in Menlo ingeskryf het.

    Lekkerdag!

    ReplyReply
    9 March, 2016 at 09:55
  16. avatar
    #78 Kattes-Strofes

    @Kattes-Strofes: O ja!! Wou byvoeg! My buurman is n groot Boland Landbou man. Sy seun is daar in graad11 en hul hele familie se seuns ook. Hy stem saam dat Ploeg se span vanjaar n bulspan het. So!! die sogenaamde ”Big Three” van die Wynland en die Kaapse souties kan hul lywe maar vetsmeer vir n taai stryd teen die Windmeul boertjies.

    ReplyReply
    9 March, 2016 at 09:27
  17. avatar
    #77 Oakdale supporter

    @Kattes-Strofes: Ek dink almal gaan na die naweek nog raai oor wat van die weskaap spanne verwag kan word. Na volgende naweek sal sal dinge baie duideliker wees.

    ReplyReply
    9 March, 2016 at 09:26
  18. avatar
    #76 Kattes-Strofes

    @Die Ken: Ja, ons het nog vir Moerat, maar sy maat ? Dan, wat as hy beseer word? Kyk, ek is nie negatief nie, en is ook seker daar sal n man of twee hand opsteek. Wou eintlik net se dat mens nie sommer agter elke bos n Ruben de Villiers, Samaan Moerat en David Meihuizen kan uitkrap nie. Ons was ‘ ge-spoil’.

    Ek weet my mede Boishaai ondersteuners hou nie van te veel bek maak voor n seisoen nie. Ek stem ook daarmee saam, en sal maar eers n bietjie wag en kyk, wat mens vanjaar kan verwag.Die feit bly egter staan dat daar talent in die groep is. Of hulle dit in n spanverband kan deurbring, is nog n ope vraag.

    Ek hoor wat jy se oor die Rose se wedstryd teen Swartland. n Mens kan egter darem seker n klein bietjie aflei van die manne se potensiaal, al is die opposisie nie watwonders nie.EN!! Ek het nog nie n vrot PR span gesien nie. Hulle is of goed, of vrek goed!

    ReplyReply
    9 March, 2016 at 09:18
  19. avatar
    #75 Die Ken

    @Kattes-Strofes: Slotte is skaars? Julle het dan vir Moerat!

    ReplyReply
    9 March, 2016 at 06:05
  20. avatar
    #74 Die Ken

    @Kattes-Strofes: Daar le harde werk voor, moenie jou vasstaar in die telling nie, Swartland is hond. Maar, mens kan sien die pak is reeds mooi afgerig, vraag is of hul goed genoeg is… Boland gaan hierdie jaar alie skop, hoor ek. Julle ok, hoor ek.

    ReplyReply
    9 March, 2016 at 05:55
  21. avatar
    #73 Kattes-Strofes

    @Die Ken: OK !! Klink vir my die Rose het weer n warm span.

    Ek kan nie veel aflei van die Boland Landbou uitslae die naweek nie. En soos jy gese het. ‘Ploeg is so stil soos n duikboot’.

    Boishaai se eerste 2 spanne ook bekend vir die naweek. Meestal soos ek verwag het, met hier en daar tog so n verrassing, of twee.Goed om te sien dat harde werk beloon word. So is manne wat nog verlede jaar C span gespeel het, nou in die ‘mix’.

    Die spanne lyk heel skaflik op papier, maar nou ja! Papier is baie geduldig!

    My gevoel is dat daar veral voorlangs, goeie kompetisie en diepte is in die meeste posisies , behalwe miskien op slot. Lyk my slotte is maar orals skaars, as ek so na die bloggers luister. Ons was beslis verlede jaar geseen met 3 puik slotte, wat ek, soos almal, meen n groot bydrae tot die span se sukses gemaak het. Agterlangs ook nie heeltemaal seker van die kwaliteit reserwe krag nie, in geval van beserings.Heelwat van laasjaar se o/16 manne in die spanne, veral in die Seccies. n Mens sal maar eers moet wag en sien wie van hulle die druk kan verwerk in die ope groep. Ek is egter stilweg optimisties.

    ReplyReply
    8 March, 2016 at 22:05
  22. avatar
    #72 Die Ken

    @Kattes-Strofes: PRG 56 Swartland 0

    ReplyReply
    8 March, 2016 at 19:26
  23. avatar
    #71 4×4

    Om terug te kom na die Garsies en Menlo game….dit was amper soos ‘n Bulle v Stormers game, die senior manne van Garsies het gespeel teen die junior groep van Menlo.

    Wat ek daardeur wil tuisbring is dat daar nie buite rekening gelaat moet word dat Garsies 11 spelers van hulle eerste span van 2015 oorgehou het nie, dus was die kontinuiteit reeds daar en die verstandhouding tussen die spelers was duidelik sigbaar.

    Murrayfield hoeveel spelers het julle van laasjaar oor? Ek dink Menlo se samespel en kontinuiteit was nog nie heeltemal dar nie, maar sal uit die aard van die saak gedurende die loop van die seisoen verbeter. Daar is baie goeie spelers in Menlo se 1stes en van wat ek verneem het is al die spelers nog nie beskikbaar nie weens atletiek deelname.

    Affies v Helpmekaar gaan verseker nie ‘n walk-over wees nie en ook nie regtig ‘n game wat jy aan die begin van jou seisoen wil speel nie.

    Skopgraaf….hopelik kan ek na Saterdag se onder 14 game my opgewondendenheid oor Affies se onder 14 span kan deel…..ek verstaan hulle het ook ‘n baie goeie skakelpaar

    ReplyReply
    8 March, 2016 at 16:46
  24. avatar
    #70 4×4

    @Skopgraaf243: Hier in die ooste van Pretoria praat die metro manne nie van pienk nie maar verwys hulle na pienk as salm kleurig….jy nie daai nota gekry nie?

    ReplyReply
    8 March, 2016 at 16:38
  25. avatar
    #69 4×4

    @Murrayfield: Nee ek spot nie…ek het my strydbyle met Murrayfield laasjaar gebere en dit het te make met die feit dat ek die voorreg gehad het om saam met die “groot baas” van One Sport ‘n paar koues te kon geniet Desember op Pinnacle!

    ReplyReply
    8 March, 2016 at 16:33
  26. avatar
    #68 Cappie

    Kom ons gee krediet waar krediet nodig is. Garsfontein se wen oor Menlopark was enorm. Dit spreek van ‘n goed geoliede masjien, en dit nog so vroeg in die seisoen.

    Ek wil nie te gou praat nie, maar Garsfontein gaan ‘n paar groot kanonne wen hierdie jaar. Ek kan nie wag vir hulle eerste wedstryd op Wildeklawer nie, maar voor dit is daar drie groot wedstryde wat voorlê. EGJ, Outeniqua en Paarl Gim. Daar is geen rede hoekom hull nie al drie kan wen nie… hou hulle dop.

    ReplyReply
    8 March, 2016 at 15:39
  27. avatar
    #67 kosie

    @RnR: Ek dink die skuiwe sal so paar gate toe stop en is ‘n verbetering. Die afbeen krukke coach ken sy rugby en sou lank en mooi gedink het oor die skuiwe. 12 is ‘n goeie verdediger en sal ‘n positiewe bydrae lewer op 14. Die appel val seker nie hier vêr van die boom nie. :mrgreen:

    Ons wag in spanning om te sien wat Saterdag gaan gebeur.

    ReplyReply
    8 March, 2016 at 15:36
  28. avatar
    #66 akw

    @Skopgraaf243: Skies man, ek het gedog jy was ernstig toe jy navraag doen oor die netto punte telling.

    Hoekom ek sal suur wees oor ‘n +107 vir Garsies verstaan ek nie so lekker nie.

    Kyk, ter versagting vir julle moet mens byvoeg amper helfte van daai verskil was darem net die 1ste span gewees. Ek kan dit uithaal as jy wil?

    :lol:

    ReplyReply
    8 March, 2016 at 15:06
  29. avatar
    #65 RnR

    @Babbelas: Vorster in vir Otto op Flank, Heelagter skuif 12 toe 12 skuif 14 toe Calitz (nr9 van 2de span) skuif in op heelagter

    ReplyReply
    8 March, 2016 at 14:42
  30. avatar
    #64 Babbelas

    @RnR: Het jy die span? Ek het ook ‘n paar manne in die 2 de span gesien wat hand opgesteek het!

    ReplyReply
    8 March, 2016 at 14:24
  31. avatar
    #63 RnR

    @kosie Eldoraigne se span vir Saterdag teen Klerksdorp is klaar gekies met n paar interresante skuiwe agterlangs, hopelik sal dit die verdediging opskerp waar ons so bietjie klei getrap het.
    Ook so paar van laasjaar se o/16s is opgetrek in die span wat laas saterdag vir die 2des gespeel het.

    ReplyReply
    8 March, 2016 at 14:15
  32. avatar
    #62 Skopgraaf243

    4×4….Geen erkenning vir my nie, dankie vir jou AF kommentaar!
    erkenning wel aan kinders en afrigters. Soos gebruiklik wil julle dinge altyd uit perporsie ruk!
    Maak daai paneelkussie van jou cruiser oop, daar so tien pienk koverte, vat so enetjie vir jou! :-D

    Djou…..akw….eish ek hoop julle raak beter soos goeie rooiwyn want julle soos asyn op die stadium!

    Geniet die rugby die naweek manne!
    Sterkte aan al die skole

    ReplyReply
    8 March, 2016 at 12:38
  33. avatar
    #61 kosie

    @Cappie: Centurion beleef regtig ‘n “bad patch” op die oomblik. Ek dink minder sport kinders gaan deesdae Centurion toe. Daar is genoeg bussies van ander skole wat kinders daar sal oplaai.

    Ek dink nie Eldo se span gaan hierdie jaar heeltemal so sterk wees soos verlede jaar nie. Volgende jaar sal weer wees. Ek dink die telling teen Helpies is dalk nie die volle prentjie nie. Hulle het gewen ja “fair and square” maar as Eldo se agterlyn net die basiese agter gedoen het sou die telling anders gelyk het. 2 keer nie verdedig nie en 2 keer gaan druk. Die eerste drie was ook agv swak verdediging agterlangs wat tot ‘n losgemaal op die 5 m gelei het en toe die drie. Eldo was dalk sterker voor as Helpies. Eldo het ook 2 kritieke beserings agter, nie verkoning nie maar sal ‘n verskil maak

    ReplyReply
    8 March, 2016 at 12:21
  34. avatar
    #60 Cappie

    @kosie: Centurion?

    ReplyReply
    8 March, 2016 at 12:17
  35. avatar
    #59 kosie

    @Cappie: Ek dink nie jy moet te veel stress vir Saterdag nie. Enigiets kan gebeur ek verstaan, maar ek dink jy kan jou bloeddruk pomp na normaal stel. :mrgreen:

    ReplyReply
    8 March, 2016 at 12:08
  36. avatar
    #58 Cappie

    @kosie: Ek is verbaas dat Centurion so ver verloor het teen Lichtenburg. Wat gaan met Centurion aan? Hulle het so paar jaar terug nog die meeste spelers in die Cravenweek span van die Bulle gehad.

    Hoe goed is Eldoraigne hierdie jaar, aangesien Helpmekaar redelik ver gewen het teen hulle? Eldoraigne was verlede jaar mos kookwater!

    ReplyReply
    8 March, 2016 at 12:02
  37. avatar
    #57 Cappie

    @kosie: Ja, Welkom sal dan regtig getoets word na ‘n paar baie goeie oorwinnings. Ons behoort dan seker ook ‘n aanduiding te kry van Grey se sterkte. Hulle het hoeka verlede jaar ‘n verassing gekry in hulle eerste wedstryd teen Diamandveld toe hulle gelykop gespeel het. Gaan interessant wees.

    ReplyReply
    8 March, 2016 at 11:50
  38. avatar
    #56 Cappie

    Saterdag is dit Affies teen Helpmekaar, van wie daar baie hoë verwagtinge is, teen mekaar op Affies se velde. Dit behoort goeie rugby te wees.

    ReplyReply
    8 March, 2016 at 11:46
  39. avatar
    #55 kosie

    @Cappie: Ja Welkom Gim het ‘n baie goeie all round span die jaar. Satetdag se game gaan die Vrystaat kampioen heelwaarskynlik aankondig as hulle teen Grey Bloem speel. Dit gaan ‘n goeie harde game wees

    ReplyReply
    8 March, 2016 at 11:44
  40. avatar
    #54 Cappie

    Klink vir my Welkom Gimnasium het ‘n goeie span. En Diamandveld verseker ook.

    ReplyReply
    8 March, 2016 at 11:20
  41. avatar
    #53 Murrayfield

    @4×4: Hou op grappies maak!! Jy spot met Menlo!

    ReplyReply
    8 March, 2016 at 11:12
  42. avatar
    #52 BOG

    @OudUppie: Dankie. Daai slot klink soos Speartackle se susterskind. Dit is net vir my vreemd dat ons so n leemte, met n uitsondering hier en daar, op slot ervaar het- oor n tydperk. Miskien moet ons ook maar begin werf in Krugersdorp en Pretoria. Die probleem met werf in die Kaap, is dat mens n annexe sal moet bou aan Leith huis vir die ma s wat sal wil saamkom om hulle seuntjies in die aande warm melk te gee en in die bed te sit.

    ReplyReply
    8 March, 2016 at 10:37
  43. avatar
    #51 OudUppie

    @BOG: Daar’s genoeg diepte onder die losvoorspelers (soos normaalweg), maar daar kan probleme op slot wees as ons “vriend” beserings ‘n draai maak. Die nommer 5 slot lyk goed – omtrent 1,95 en weeg 115 kg. Het op laerskool senter gespeel – as beserings wegbly gaan hy ‘n paar manne raakry. Die res van die slotte is maar soos gewoonlik versoolde losvoorspelers. Wil nie te veel van die geheime uitlap nie ,maar verstaan daar is twee van die losvoorspelers wat stut en haker gaan speel. Nogal nuuskierig om te sien of dit gaan werk.

    ReplyReply
    8 March, 2016 at 09:57
  44. avatar
    #50 BOG

    @OudUppie: Lyk my hulle het n oormaat van goeie losvoorspelers, maar hoe lyk dit op slot? Dit was vir my, die afgelope paar jaar, bietjie gebrekkig, of is ek verkeerd? Ek kyk maar van ver.

    ReplyReply
    8 March, 2016 at 09:01
  45. avatar
    #49 OudUppie

    @Djou: GC en Shimlas lyk goed, maar die seisoen is lank en ons weet wat laasjaar met GC gebeur het. Shimlas 0/19 het so paar weke terug vir Tuks pakslae gegee – gehoor die telling was 67 vs 0. Op hierdie stadium lyk die besering situasie rooskleurig by GC. Verstaan klein Os behoort die naweek speelkans vir die Cherries te kry. Die res van verlede jaar se beseerdes het teen Shimlas gespeel. Ook die Cherries het baie goed gelyk teen Shimlas – so versigtig optemisties dat dit ‘n goeie jaar gaan wees.

    ReplyReply
    8 March, 2016 at 07:49
  46. avatar
    #48 4×4

    Manne….dit wil vir my voorkom of skopgraaf een van die manne is wat tog net erkenning wil hê dat absolut menlo die beste rugby skool in die ooste van Pretoria, nee Gauteng, nee Suid Afrika nee die ganse wye wêreld is….so ja, voel jy nou beter ou Grote???

    ReplyReply
    8 March, 2016 at 07:44
  47. avatar
    #47 akw

    @Skopgraaf243: Jy het gevra oor die netto punte telling vir die dag, ek neem aan jy verwys net na rugby.

    Volgens my terrible St 7 A5 wiskunde was die finale totaal +107 vir Garsfontein.

    Dit was close……

    ReplyReply
    8 March, 2016 at 07:33
  48. avatar
    #46 Die Ken

    @CharlesZA: Goeie ou dae, kan nog onthou hoe my koshuis, in die 4 jaar wat ek daar was, gereeld 50% van die Transvaal 0/21 en, later seniorspan opgelewer het. Ek glo daai dae sal ons nooit weer sien nie

    ReplyReply
    8 March, 2016 at 06:05
  49. avatar
    #45 Die Ken

    @Kattes-Strofes: Ek was nie daar nie, maar Ploeg was – ek het al probeer om die inligting uit hom te trek maar die man is so bot soos n klei os se sweetgate, wat probleme voorspel vir Boland se teenstanders!? Ek sal wel vanaand op Markotter wees vd oefenwedstryd teen Swartland.

    ReplyReply
    8 March, 2016 at 06:00
  50. avatar
    #44 Djou

    @Skopgraaf243: Jong, jammer ek verstaan nie mooi nie. In die Beeldtrofee speel al die spanne ook – nie net in die Tuksreeks nie.
    En wat bedoel jy met ons laerskool se manne is in nommers by julle? Praat jy van Garsfontein/Tygerpoort? As dit so is dan behoort hulle mos by ons te wees want dit is om die draai van ons af!
    En ons weet mos ook van laasjaar af Menlo het wyd gewerf (buite Pretoria en ‘n string laerskool Cravenweekspelers gekry). En hulle het verdien om te wen! So great en ek is bly vir die outjies.
    Maar ek probeer hard, maar kan net nie my eerste hoërskoolwedstryd onthou nie. Tog ek kan presies onthou waar my eerste eerstespanwedstryd was, teen wie en die telling! Teen Diamantveld op hulle velde en die telling was 32-6! Maar ons verskil almal en dalk gaan meer outjies hul eerste wedstryd onthou as ek.
    Laastens, as jou eerstespan verloor is dit net natuurlik om eerder te fokus op juniorspanne. Meeste mense sal dit doen – want dit vat die pyn bietjie weg. Die teoretiese verskynsel daarvoor, oftewel die teorie is “Prospect theory” wat ‘n Nobelprys gewen het – google dit want dit is die moeite werd om te lees!
    Dalk doen ek dit ook volgende jaar of later vanjaar, wie weet? :mrgreen:
    Jammer vir die laat posts – doen dit so tussen die werk deur!

    ReplyReply
    7 March, 2016 at 22:22
  51. avatar
    #43 Skopgraaf243

    @Djou ….onthou Tuks reeks neem die hele skool se spanne deel.
    So dan maak ouderdom spanne n verskil. Wat was die netto telling vir dag weet jy?
    …en al is dit early days, die wedloop het begin, of jy wil of nie. Verseker sal almal verbeter soos tyd verloop ons almal was mos al hier deur.
    Dit was maar net lank verwag om uiteindelik die wedstryd op kalender te kry, jy weet hoe lank aan en af die vorige wedstryde net nooit plaasgevind nie. En bygese ons laerskool se manne is in hulle nommers by julle so hulle het laasjaar al “gewen”, maar op die dag, soos saterdag was dit toe nie beskore gewees vir hulle nie. 0/14 het regdeur al drie spanne kon seevier. So ophef of te nie, dit was goed.
    Feite miskien verander dit met krafmeting in Mei maar daai eerste hoerskool game vir die seisoen was sowaar spesiaal vir manne! Veral omdat dit teen julle was. Al ou maats.
    Genoeg daarvan.
    Ek dink soos jy sien ons almal uit na groot seisoen van skole rugby!

    ReplyReply
    7 March, 2016 at 21:52
  52. avatar
    #42 Djou

    @Barry: Dis nie die enigste skole in die stad met koshuise nie. Weet van nog 2 in daardie radius en dan sluit ek Engelse skole uit. En hulle is propvol met waglysaansoeke hoofsaaklik van die platteland af. Daar is min Afrikaanse skole oor op die platteland!

    ReplyReply
    7 March, 2016 at 21:06
  53. avatar
    #41 Djou

    @AbsolutMenlo: Telling was 15-5 vir Menlo en Garsies druk drie en strafskop wat dit 15-15 maak en toe die snaakse skoppie van Garsies en Menlo druk mooi drie. Twee verdere strafskoppe maak dit 28-15 en Garsies druk laaste drie – 28-22!
    Die 2 spanne was sedert o.14 baie na aan mekaar waar Garsies o.14 wen, Menlo wen o.15 met 6 punte en nou weer.

    ReplyReply
    7 March, 2016 at 21:02
  54. avatar
  55. avatar
    #39 CharlesZA

    @Djou: Was dit nie net n koshuis span gewees nie? Deesdae gaan die rugby manne mos nie meer koshuis toe nie. My eerste jaar groep van 60 in die koshuis het n springbok en twee ander super rugby spelers opgelewer. Ek wonder wanneer laas n Springbok 3 jaar in koshuis spandeer het en n graad gekry het in daai tyd.

    ReplyReply
    7 March, 2016 at 20:49
  56. avatar
    #38 Kattes-Strofes

    Jippie!! Die lang wag is verby ! Die naweek skop skole rugby ook vir ons ‘Cappies’ behoorlik af. Boishaai het vandag proewe gehou en ek sal graag more wil hoor wie op die stadium die uitverkorenes is. Weet maar min van Saterdag se opponente, Die Brandwag, behalwe dat hulle altyd kompeterend in die Oos-Kaap is. As ek dit nie mis het nie , is dit mos Boishaaipa se Alma Mater?

    So klein bietjie ‘brag’. Drie van verlede Saterdag se stutte in die wedstryd tussen die Stormers en Cheetahs is oud Boishaaiers t.w. Frans Malherbe(Stormers), Charles Marais en Maks van Dyk(Cheetahs).
    Dan is daar nog Thomas (The tank) du Toit (Sharks), Marcell van der Merwe(Bulle) [graad 8 tot 11 in Boishaai] en Guthrow Steenkamp (Toulouse). Met ou legendes soos oom Boy Louw en Piet (Spiere) du Toit ook in die pakkie, bevestig dit darem verseker dat Boishaai n voory fabriek is.

    Terloops, kan iemand asb. vir ons n bietjie terugvoering gee oor Saterdag se verkorte wedstryde by Boland Landbou. Hoe lyk die spanne so vroeg in die seisoen? Hoe lyk dit Die Ken of Ploegskaar ?

    ReplyReply
    7 March, 2016 at 20:36
  57. avatar
    #37 Djou

    ALmal op die blog staar hulle blind teen die Garsies vs Menlo-wedstryd.

    Maar vir EG Jansen om ‘n verbeterde Marais Viljoen met 66-17 en ‘n week tevore ‘n Tuksspan met 45 punte te vermorsel beteken dat hulle weer ‘n massiewe span in die veld gaan stoot vanjaar. Monnas en EG Jansen is beslis die gunstelinge vanjaar en hou HTS Middelburg ook dop! Laasgenoemde het weer ‘n goeie span.
    En ek herhaal, my mening is dat Menlo se span vanjaar nie so goed is soos hulle spanne van die afgelope 2 jaar nie. Maar dalk kan hul atlete dinge verbeter. En ja Menlo het nie ‘n goeie wedstryd gehad met al die hanteerfoute nie – so moenie hulle nou afskryf nie.

    ReplyReply
    7 March, 2016 at 19:39
  58. avatar
    #36 Djou

    @Skopgraaf243: Goeiste mater. Vir so lank as wat ek op hierdie blog is, is dit die eerste keer dat ‘n skool so tekere gaan oor sy juniors. Baie geluk met hulle en ek hoop hulle ontwikkel mooi!
    Maar hokaai, hulle speel nie die hoofwedstryd nie! Help nie die SA o.19 en SA o.20 wen heeltyd teen die All Blacks en die Springbokke verloor teen hulle nie.

    ReplyReply
    7 March, 2016 at 19:35
  59. avatar
    #35 Djou

    @OudUppie: Hoe lyk Grey en Shimlas o.19 vanjaar? Ek moop Grey gaan ‘n veel beter span as verlede jaar hê; en dat Shimlas o.19 ook sy man kan staan!

    ReplyReply
    7 March, 2016 at 19:29
  60. avatar
    #34 4×4

    Barry…nie AL die afrikaanse skole op die platteland het meer dieselfde kwaliteit onderrig van vroeer jare nie. Die gevolg is dat die stedelike skole al hoe meer aansoeke kry vir toelating vanuit plattelandse gemeenskappe.

    Dit kan gesien word in die getalle. My verwysing raamwerk is Affies wat die jaar 313 graad 8’s ingekry het, en was hulle verplig om Huis Pannavis (Graad 8 koshuis) te vergroot. Aanvanklik was daar net plek vir 72 graad 8’s maar met die vergroting van die koshuis is daar nou meer as 120 graad 8’s in die koshuis.

    Affies het nog altyd ‘n koshuis gehad en het die ander “jonger” skole eers onlangs koshuise aangebou, wat ek sou toeskryf aan behoefte en nie noodwendig eksklusief om werwing doeleindes nie. Om jou ‘n idee te gee is ons woning 25km van Affies af, retoer van 50km elke oggend..makliker om jou kind in die koshuis te plaas, en daar is geweldig baie seuns in die koshuis wie se ouers in Pretoria woonagtig is. Die seuns beweer die koshuis is die hartklop van die skool is.

    Rugbyman…..maar jy lyk dan soos ‘n onnie!!!

    ReplyReply
    7 March, 2016 at 19:16
  61. avatar
    #33 GarsieOuer

    @Barry: Want baie plattelandse skole bied nie die geleenthede wat jy nodig het om gewerf te word deur die groot unies nie. Ongelukkig.

    ReplyReply
    7 March, 2016 at 16:02
  62. avatar
    #32 Barry

    Manne julle moet dit rustig vat. As dinge so erenstig gaan begin kan dit niks goed voorspel vir die toekoms van die ‘blog’ nie. Julle Pretoria pappas, onnies en afrigters sal mekaar mooi moet hanteer, want hier is kinders wat hierdie ‘blog’ lees. My seuns, vir een, lees elke woord wat hier geskryf word. :mrgreen:

    Ek wil net graag kommentaar lewer, vir wat dit werd is, oor iets wat ek iewers gelees het. Ons tog sekerlik nie aanvaar dat ‘n skool se sterkte en prestige net by sy eerste rugbyspan lê nie. Veral die Tuksreeks dek tog verskeie sportsoorte en ouderdomsgroepe.

    Nellies en Rustenburg sê mekaar die stryd aan Saterdag en ons sien almal daarna uit. Ek hoop hulle bring yswater saam, want as komende Saterdag so warm is soos verlede Saterdag was dan gaan hulle brul hier by ons.

    Dan wat werwing betref: Hoekom is dit dat 4 skole in een stad binne ‘n ongeveer 30km radius almal koshuise het? Interssant ne? :mrgreen: :mrgreen:

    ReplyReply
    7 March, 2016 at 12:55
  63. avatar
    #31 OudUppie

    Was lekker om na die lang wag Saterdag te kon skolerugby kyk. Jammer dat GC nie ‘n wedstryd kon kry nie, maar hulle het darem Vrydagmiddag ‘n harde oefenwedstryd teen Shimlas 0/19 gehad. Eerskomende Saterdag gaan ‘n moeilike wedstryd teen ‘n sterk Welkom Gim span wees.

    ReplyReply
    7 March, 2016 at 11:19
  64. avatar
    #30 Rugbyman

    @4×4: eks nie n onnie nie… rugby coaching is slegs my stokperdjie en my passie!

    ReplyReply
    7 March, 2016 at 09:18
  65. avatar
    #29 4×4

    @Rugbyman: Geniet die skooldag!!

    ReplyReply
    7 March, 2016 at 09:14
  66. avatar
    #28 Rugbyman

    @AbsolutMenlo: Magties maar julle menlo pappies is eenogig…

    Lekker dag manne! Ek moet nou bietjie werk!

    ReplyReply
    7 March, 2016 at 09:11
  67. avatar
    #27 4×4

    @AbsolutMenlo: Ons hou dit met belangstelling dop…ek hoop net dat dit nie baie selektief gaan en slegs beperk word tot die onder ouderdom groepe se prestasies nie.

    Skuus ook vir my laat gelukwense met die oorwinning van julle onder ouderdom groepe in die Garsies derby.

    ReplyReply
    7 March, 2016 at 09:11
  68. avatar
    #26 AbsolutMenlo

    @4×4: Nog niks om oor te “brag” nie die seisoen het nou eers begin…no brainer.

    ReplyReply
    7 March, 2016 at 08:41
  69. avatar
    #25 Die Ken

    @Skopgraaf243: 8) Geniet die jaar

    ReplyReply
    7 March, 2016 at 08:32
  70. avatar
    #24 Skopgraaf243

    @ken….tzweeeeeeee……shhhhhhhh……op jou eie kanaal?
    janee die eenmaal vir altyd Monumentaar ding. Dit was my tyd.
    Nou nuwe boek hoofstuk bladsy van my kinders, en ek sien klaar uit na goeie beurt!

    ReplyReply
    7 March, 2016 at 08:27
  71. avatar
    #23 AbsolutMenlo

    @Rugbyman: Dan stel ek voor jy gaan kyk die DVD…

    ReplyReply
    7 March, 2016 at 08:23
  72. avatar
    #22 Rugbyman

    @Skopgraaf243: baie geluk met julle juniors… hulle het mooi gespeel… ontspan jou boude – dis nie goed on jouself op n maandag so te ontstel nie!

    ReplyReply
    7 March, 2016 at 08:22
  73. avatar
    #21 Die Ken

    @4×4: Daar is altyd die Pretoria jukskeitoernooi wat “up for grabs is”. Jy praat te vinnig, die jaar is nog laaaaaaaaank. :lol:

    ReplyReply
    7 March, 2016 at 08:16
  74. avatar
    #20 Die Ken

    @Skopgraaf243: Dankie vir die kompliment

    ReplyReply
    7 March, 2016 at 08:13
  75. avatar
    #19 Skopgraaf243

    @Rugbyman…selfde vraag kan gevra word hoekom jy nie erkenning vir ons juniors geggee het nie.
    …en as al jou juniors verloor dan het die ander oorheers…hakkel hakkel om te verduidelik nie. En ja ons sien ook uit na die herontmoeting, miskien rek ons daai tellings met al die hanteer foute uitgestryk !

    ReplyReply
    7 March, 2016 at 08:09
  76. avatar
    #18 BoishaaiPa

    Saterdag se Super Rugby op Loftus was nogal ironies..Daai Gelant/Serfontein voorval kan nogal as n redelike metafoor gesien word vir Bulle skolerugby as ek so na die bloggers se kommentaar vir mekaar lees!…

    ReplyReply
    7 March, 2016 at 08:07
  77. avatar
    #17 Skopgraaf243

    @ken….nee jong ons kan aan beweeg anders as die ander wat vasbyt begrawe sal word en jong bloed ontneem van voorregte!
    …maar jy weet mos alles so hoekom vertel ek jou die

    ReplyReply
    7 March, 2016 at 08:06
  78. avatar
    #16 Rugbyman

    @AbsolutMenlo: Nee my vriend… dit was op daai stadium 15 – 15… ek het die dvd ook as jy wil loer

    ReplyReply
    7 March, 2016 at 07:54
  79. avatar
    #15 4×4

    Hoe teleurgesteld was ek toe ek vanggend enroute na affies verby die Atterbury skool ry en sien dat hulle brag board absolut stil is na die naweek se sport gebeure.

    ReplyReply
    7 March, 2016 at 07:42
  80. avatar
    #14 AbsolutMenlo

    @Rugbyman: Nee nee verkeerde game…Menlo 0/16 was 28 -15 voor en in laaste minuut het Garsfontein senter gaan druk om dit 28 – 22 te maak.

    ReplyReply
    7 March, 2016 at 07:25
  81. avatar
    #13 Rugbyman

    @Skopgraaf243: Pasop dat die juniors julle nie dan pakgee nie… ek sal nou nie sê julle het die onder ouderdomsgroepe “oorheers” nie… dit was maar blerrie close… Ons o/16s was op die aanval met die telling gelyk toe die 8steman daai lawwe chippie gee wat julle man onderskep het om te gaan score… kon netsowel anders gewees het…

    Nietemin, ons sal reg wees vir julle in Mei… glo my maar…

    Ek sien ook julle dui nerens aan dat ons al die senior wedstryde van 1 tot 4 gewen het… Selektiewe bemarking? Lyk vir my julle sal na die ontwikkeling van julle talent moet kyk… julle klop ons meestal met die juniors en dan as die senior dae aanbreek doen julle nie…

    ReplyReply
    7 March, 2016 at 06:41
  82. avatar
    #12 Die Ken

    @Skopgraaf243: Jy moet maar teruggaan na die wittrui en dan oor so 2 jaar die blou strepies byvoeg :twisted: :lol:

    ReplyReply
    7 March, 2016 at 06:10
  83. avatar
    #11 Skopgraaf243

    @kattes-strofes …vir die doel van die afgelope naweek se kragmeting tussen Garsfontein en Menlopark het Menlopark behalwe vir die eerste span skitterend gedoen. Ons het al die ouderdom spanne oorheers. Niks om oor sleg te voel nie. 1ste span het baie huiswerk, maar ons sien Garsfontein weer in Mei maand, miskien kan ons dan die 1ste span ook gas gee.
    @rugbyman….lyk vir my julle sal daai werwing moet uitrol na junior spanne toe ook :mrgreen:

    ReplyReply
    6 March, 2016 at 20:00
  84. avatar
    #10 Barry

    @Djou: Ek het reeds een van my seuns in die hospitaal tydens gister se wedstryd, harsingskudding en iets met rugstringspiere na sy regtervoet.

    Toe ek van die hospitaal af terug ry skool toe om te gaan hoop dat my ander seun nie ook seerkry nie was dit so 35″, maar dis humiditeit wat dit warmer maak.

    ReplyReply
    6 March, 2016 at 14:16
  85. avatar
    #9 Djou

    @Barry: Hoe warm was dit gister? Ons het gister met die Garsies-Menlowedstryd later gehoop die skeidsregter blaas die eindfluitjie vroegtydig weens die hitte!

    ReplyReply
    6 March, 2016 at 13:46
  86. avatar
    #8 Barry

    Ek het na die Nellies en Waterkloof game gekyk. Beide spanne maar veral Nellies het baie foute gemaak en meerso hanteerfoute. Daar bestaan twee weergawes oor wat die telling was, maar dis irrelevant. Die wedstryd het plaasgevind in vier kwarte met spelers wat gereeld geruil was om vermoëns te toets. Ek wil ook nie Waterkloof se geheim weggee nie, en daar was een aspek waarin hulle absoluut skitterend gevaar het en ‘good luck’ vir ander spanne teen hulle.

    Dan wil ek ook net sè dit was ‘n lekker warm dag in Nelspruit. Vir die van julle wat weet hoe lekker warm dit hier raak, die manne het gesweet. En dan wil ek vir Rugbyman (tong-in-die-kies) sê, dit lyk of die Laeveld nuwe beamptes bygekry het.

    ReplyReply
    6 March, 2016 at 13:42
  87. avatar
    #7 Kattes-Strofes

    Sjoe !! Maar Outeniqua se Kwaggas het darem vir die Tygerberg tiere lelik verniel. 69-5 is n helse ‘score’,en n vroegtydige waarskuwing vanaf die George manne, dat hulle weer n pronk span vanjaar het. Weet ongelukkig nie hoe sterk Tygerberg vanjaar is nie, maar nietemin n indrukwekkende vertoning van die Kwaggas.

    Ook verbaas oor Garsies se groot sege oor Menlo. Alhoewel ek ‘clueless’ is oor die 2 skole se huidige beskikbare talent, het ek afgelei van bloggers se kommentaar dat daar verwagtinge is vanaf die Menlo ondersteuners.

    ReplyReply
    6 March, 2016 at 13:23
  88. avatar
    #6 sewes

    @Rugbyman: Ja dit was.Maar moeilik om daar te speel vir verskeie redes.Steeds min te kies tussen die twee kon enige kant toe gegaan het.

    ReplyReply
    6 March, 2016 at 10:16
  89. avatar
    #5 Rugbyman

    @Skopgraaf243: Moenie te veel daarin lees nie… dit was blykbaar n proewe game…

    ReplyReply
    6 March, 2016 at 08:32
  90. avatar
    #4 Skopgraaf243

    Nellies 24 – Klofies 17 fulltime

    ReplyReply
    6 March, 2016 at 08:20
  91. avatar
    #3 Vyfster

    Gee…Welkom Gim impressive start accounting for Louis Botha 23-8, Waterkloof 25-15 and Noordkaap 32-5.
    Welgedaan, lyk my hulle sal mooi dopgehou moet word!

    ReplyReply
    6 March, 2016 at 00:32
  92. avatar
    #2 Barry

    Onthou Nellies se game teen Waterkloof was nie vir enige punte nie, dit was suiwer ‘n proefwestryd. Ek dink Waterkloof het gewen.

    ReplyReply
    5 March, 2016 at 22:40
  93. avatar
    #1 Vyfster

    @beet…..Ben Vorster 57-0 Jeugland
    Rustenburg 29-26 PHS

    ReplyReply
    5 March, 2016 at 16:01